0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 26-03-2026 (vlak 3)



vorige toets 26 MRT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 26-03-2026 só ingevul:



Die mense in daardie woonbuurt ry net met die duurste ........ .
Mercedessens
30 % (afgerond)Mercedese
29 % (afgerond)Mercedesse 
41 % (afgerond)Mercedes'e

As die slotkonsonant van 'n woord 'n "-s" is en dit voorafgegaan word deur 'n kort, onbeklemtoonde [ə] word die "-s" verdubbel by meervoudsvorme. (AWS 11.29)
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Die ........ het die vertonings by die kunstefees geniet.
4 % (afgerond)Grahamstadse
9 % (afgerond)Grahamstadder
77 % (afgerond)Grahamstadter 
10 % (afgerond)Grahamstatter

Afleidings van plekname wat op "-stad" eindig en inwoners aandui, word met 'n bykomstige "t" geskryf om die uitspraak weer te gee. Grahamstad staan deesdae amptelik as Makhanda bekend.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Dawid, gee asseblief vir my die ........ aan!
72 % (afgerond)nommer 19-moersleutel  
3 % (afgerond)nommer 19 moersleutel
25 % (afgerond)nommer-19-moersleutel

Wanneer die bepaler van 'n samestelling bestaan uit 'n woord of afkorting gevolg deur 'n syfer of simbool, word die woord of afkorting in die bepaler los van die syfer of simbool geskryf.
Ander voorbeelde: "art. 21-maatskappy", "tipe A-persoonlikheid" en "vitamien E-tekort".
(Bron: AWS 7.2)
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die atleet is in die laaste ........ uitgeskakel.
1 % (afgerond)ronte
rontte
67 % (afgerond)rondte
31 % (afgerond)ronde 

Die woord "ronde" word veral in sport gebruik waar wedstryde ter sprake is, byvoorbeeld spelers dring deur tot die volgende "ronde". Die woord "rondte, het met beweging te doen wat by dieselfde punt begin en eindig of 'rondgaan' beteken, byvoorbeeld 'n mens draai in die "rondte"; die polisie het op hul "rondtes" 'n inbreker betrap; die "rondtes" van Vader Cloete doen.
(Bron: Skryf Afrikaans A tot Z en Die Korrekte Woord.)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
52% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties