03 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 03-04-2026 só ingevul:
As Nederlanders ........ praat, kan ek goed verstaan wat hulle sê.
stadig staadug stadug staadig
In oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Jan-Adriaan is so verlief op Hannetjie, hy ........ heeldag soos 'n duif om haar.
krys koer sing kloek
Duiwe koer of kir, meeue of kraaie krys, henne kloek en sonbesies sing.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.
Maak die vensters met ........ skoon, dan maak dit nie merke nie.
seemleer seem leer seemsleer seems leer
By sommige samestellings is ’n verbindingsklank verpligtend, byvoorbeeld "seemsleer", "ambagsman", "denneboom", "nooiensvan" en "kinderkamer". Woorde met verbindingsklanke word altyd vas geskryf.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Wag nog ʼn rukkie; dalk daag Monica nog op. 'n Sinoniem vir "dalk" in bostaande sin is ........ .
uiteindelik beslis ongetwyfeld straks
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "straks - dalk", "lawaai - geraas", "nagalm - eggo".
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)