2152 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 08-04-2026 (vlak 2)



vorige toets 08 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 08-04-2026 só ingevul:



Die pa het sy seun van ver af sien aankom en hom ........ .
7 % (afgerond)te gemoed gegaan
18 % (afgerond)tegemoed gegaan
13 % (afgerond)te gemoet gegaan
61 % (afgerond)tegemoetgegaan 

Die woord "tegemoetgaan" is ’n uitsonderlike geval in Afrikaans, aangesien ons gewoonlik sulke woordgroepe los skryf, byvoorbeeld "te water laat" of "ten gronde gaan".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Die ........ besit verskeie huise in Saint-Tropez en het vier rooi Ferrari's.
miljoeneer
94 % (afgerond)miljoenêr 
3 % (afgerond)miljoenair
2 % (afgerond)millioenêr

Wanneer ʼn klank gerek moet word en die klank in ʼn geslote lettergreep is (“miljoenêr”), kry dit ʼn kappie.
Sien ook die bladsy Kappie.



As jy iemand uit die moeilikheid help, sê ons in die idioom jy krap die ........ uit die vuur.

smeeyster
86 % (afgerond)kastaiings 
4 % (afgerond)kole
10 % (afgerond)kaiings

Die kastaiingboom dra bruin, eetbare neute wat "kastaiings" genoem word. In die winter gooi ʼn mens hierdie neute in die vuur en wag tot dit uitpof voordat jy dit eet. Die idioom "om die kastaiings uit die vuur te krap", kan teruggelei word na ʼn fabel van die Franse skrywer Jean de la Fontaine. (Bron: Maroela Media)

Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die landmassa wat uit Europa en Asië bestaan, word ........ genoem.
16 % (afgerond)Euro-Asië
eurasië
83 % (afgerond)Eurasië 
Euro-asië

Geografiese name, byvoorbeeld die name van kontinente, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.



TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties