Verbindingsklanke "-s-", "en", "ens", "es" kom dikwels in samestellings voor en bind die twee woorddele aan mekaar.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Die spoggerige ........ welgestelde dame maak ruim skenkings vir die kunste.
punt dubbelpunt komma kommapunt
Die komma word tussen byvoeglike naamwoorde (wat by selfstandige naamwoorde behoort) as ruspunt in 'n sin gebruik.
Sien ook die bladsy Komma.
Idioom: Iemand die dood voor ........ hou.
kis hospitaal oë graf
Die idioom, "die dood voor oë hou", beteken 'iemand met 'n swaar straf bedreig'. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
’n ........ is een van die oudste houtblaasinstrumente in die moderne simfonieorkes.
hoboe Hooboe hobo Hobo
Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)