09 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 09-04-2026 só ingevul:
Oupa het Ouma 'n ........ kyk gegee.
veelgesegte veelseggende veelsêende veelgesogte
Wanneer die byvoeglike naamwoord attributief gebruik word, soos in dié geval, kry die byvoeglike naamwoord 'n "-e" aan die einde: "'n veelseggende kyk". Wanneer die byvoeglike naamwoord predikatief gebruik word, kry dit nie 'n "-e" aan die einde nie: "Oupa se kyk na Ouma was veelseggend."
Sien ook die bladsy Deelwoorde.
Reeva, sal jy asseblief vir ons ........ reël vir ons sakebesoek?
akommodasie akkomodasie akomodasie akkommodasie
Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld “akkommodasie”, “hidroulies” en “kwadrupleeg”. Die woord "akkommodasie" kom van die Latyn "commodus", vandaar die spelling. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.
Kinders, julle moenie so ........ nie!
slegs tekere gaan of tekeregaan slegs tekeregaan te kere gaan of tekere gaan of tekeregaan slegs te kere gaan of tekere gaan
As jy 'n groot lawaai maak of woes baljaar, gebruik ons die uitdrukking "te kere gaan". Jy kan dit ook "tekere gaan" of "tekeregaan" skryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.
Ingrid se pogings was totaal ........ . Watter woord sal die gepaste sinoniem wees om "vrugteloos" in bogenoemde sin te beskryf?
funes bomatig miniem futiel
Sinonieme is woorde met min of meer dieselfde betekenis. "Funes" beteken 'verderflik, noodlottig, rampsalig'; "bomatig" is 'buitengewoon'; "miniem" is 'buitengewoon klein, onbeduidend, gering'.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)