2152 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 10-04-2026 (vlak 2)



vorige toets 10 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 10-04-2026 só ingevul:



Die studente ........ elke naweek.
2 % (afgerond)fyf
2 % (afgerond)vyf
90 % (afgerond)fuif 
7 % (afgerond)vuif

"Fuif" beteken om partytjie te hou, en "vyf" is 'n getal. Die woorde *fyf en *vuif bestaan nie.
Sien ook die bladsy Homofone.



Die agent het ........ opgekyk toe hy hoor die transaksie is nie deur nie.

61 % (afgerond)skeef of skuins 
13 % (afgerond)slegs skeef
24 % (afgerond)slegs skuins
2 % (afgerond)stip of skuins

Die uitdrukking "skeef opkyk", beteken 'verbaas wees'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)

Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Wie het vir Elon Musk gehelp om sy ........ te begin?
22 % (afgerond)elektriese voertuigmaatskappy
75 % (afgerond)elektriesevoertuigmaatskappy 
2 % (afgerond)elektriese voertuig-maatskappy
2 % (afgerond)elektriese voertuig maatskappy

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "elektriese" + selfstandige naamwoord "voertuig") en ʼn selfstandige naamwoord "maatskappy".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



By die ........ is daar ’n tentoonstelling van Picasso se werke.
49 % (afgerond)gallery
46 % (afgerond)galery 
3 % (afgerond)gallerei
2 % (afgerond)galerei

Die woord "galery" is ontleen uit die Frans "galerie" en word met een "l" geskryf.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



TOTAALRESULTAAT:
68% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties