2152 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 13-04-2026 (vlak 2)



vorige toets 13 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 13-04-2026 só ingevul:



Ek kan eers kom nadat ek my huiswerk gedoen het.
Wat is die woordsoort van "nadat" in bostaande sin?
29 % (afgerond)neweskikkende voegwoord
31 % (afgerond)onderskikkende voegwoord 
15 % (afgerond)geskikte voegwoord
25 % (afgerond)beskikkende voegwoord

Neweskikkende voegwoorde behou hul woordvolgorde asof die sinsnede onafhanklik is, byvoorbeeld "en", "maar", "want," "of", "asmede", en "dog". By onderskikkende voegwoorde (alle ander voegwoorde) verander die woordorde.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



" ........ ! Wat gaan ons vanoggend doen?
29 % (afgerond)Goeie môre
70 % (afgerond)Goeiemôre 
1 % (afgerond)Goeie Môre
1 % (afgerond)Goeie-môre

Normaalweg skryf ons byvoeglike naamwoorde los van selfstandige naamwoorde, maar met verloop van tyd het sekere woorde 'n betekenis verkry wat anders is as wanneer die woorde los geskryf sou wees, soos byvoorbeeld "goeiemôre" wat 'n groet is, teenoor "goeie môre" wat die toestand van die oggend beskryf.

Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Hulle het ........ getrek om te kyk wie eerste teen die berg moes opklim.
6 % (afgerond)loodjies
looikies
19 % (afgerond)looitjies
75 % (afgerond)lootjies 

Alle woorde wat eindig op ʼn “d” of ʼn “t” kry “-jie” in die verkleiningsvorm (AWS 17.4), byvoorbeeld "lootjie" en "hondjie".
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.



Die tornado het sy ........ geëis en baie skade is aangerig.
vleis
geld
99 % (afgerond)tol 
wind

Die uitdrukking "sy tol eis" beteken 'nadelige invloed hê'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
69% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties