2152 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 14-04-2026 (vlak 3)



vorige toets 14 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 14-04-2026 só ingevul:



'n Stuk ........ kan tot verskillende soorte yster verwerk word.
rueister
42 % (afgerond)ruyster 
56 % (afgerond)ru-yster
2 % (afgerond)ruÿster

’n Opeenhoping van vokale tussen dele van ’n samestelling bring nie noodwendig leesbaarheidsprobleme mee nie en ’n koppelteken is dus onnodig, byvoorbeeld "ruyster", “handearbeid”, “naoorlogs”, “pouoogmot” (AWS 12.1a).
Sien ook die bladsy Vokaalopeenhoping.



Die meervoud van die gewone naam van die plant "Melianthus comosus" is ........ .
22 % (afgerond)kruidjieroermynies
10 % (afgerond)kruidjies roer my nie
55 % (afgerond)kruidjie-roer-my-nies 
13 % (afgerond)kruidjie-roer-my-nieë

'n Woordgroep bestaande uit meer as twee woorde wat in die geheel betekenisverdigting ondergaan het en na een saak verwys, word met koppeltekens vas geskryf. AWS 12.19
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



........ is die jongste staat in Afrika.
suidsoedan
91 % (afgerond)Suid-Soedan 
suid sudan
8 % (afgerond)Suid-Sudan

Plekname, d.w.s. geografiese name, name van kontinente, lande, dorpe, stede, damme, berge ens. word met hoofletters gespel. Sommige internasionale plekname word verafrikaans. 'n Uitgebreide lys van internasionale plekname in Afrikaans verskyn agter in die AWS.
Sien ook die bladsy Plekname.



Die polisie het die ........ op ʼn brug vasgekeer.

3 % (afgerond)voortvlugtigendes
41 % (afgerond)voortvlugtiges 
57 % (afgerond)voortvlugtendes

Die naamwoordvorm van die byvoeglike naamwoord "voortvlugtig" is "voortvlugtige" en nie "voortvlugtende" nie. Die meervoudsvorm is daarom gewoon "voortvlugtiges".
Bron: HAT
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
57% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties