2024 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 25-05-2026 (vlak 2)



vorige toets 25 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 25-05-2026 só ingevul:



Die ganse snater asof iets hulle hinder.
Wat is die woordsoort van "snater" in bostaande sin?
47 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord 
11 % (afgerond)gangbare hoofwerkwoord
38 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord
4 % (afgerond)oorgangshoofwerkwoord

In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Piet skop die bal oor die muur. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik, byvoorbeeld: Die ganse snater asof iets hulle hinder. Daar is nie 'n antwoord op die vraag "Wat?" nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Toe ons ........ in Namakwaland gaan blomme kyk het, het ’n skilpad oor die pad geloop.
2 % (afgerond)een-keer
67 % (afgerond)eenkeer 
32 % (afgerond)een keer

In die betekenis "op ’n keer" vind betekenisverdigting met ’n telwoord plaas en "eenkeer" word vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Jaco is een van die ........ leerders in die skool.
meer knapste
2 % (afgerond)mees knapste
97 % (afgerond)knapste 
meer knap

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “knap”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “knapper” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die knapste”. In die oortreffende trap word die woord "mees" nooit saam met "-ste" gebruik nie.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Meer as 15 werkers het gehelp om die slagoffers ........ veiligheid te bring.

14 % (afgerond)by of na
78 % (afgerond)na of in 
3 % (afgerond)binne
5 % (afgerond)in

'n Mens bring iemand "in" of "na" veiligheid, en doen iets "met" veiligheid.
(Bron: Voorsetselwoordeboek)
Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
72% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties