15 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 15-04-2026 só ingevul:
Haar familie is die ........ van Franschhoek.
Terblanche-e Terblanche'e Terblanches Terblancheë
Die afkappingsteken word gebruik by meervouds- en verkleiningsvorme van eiename wat eindig op "e" of "r(s)" wat nie uitgespreek word nie en waarvan die meervoud met onderskeidelik "e" of "s" gevorm word.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.
Weens die staking het my pakkie glo in die ........ soek geraak.
pakettekantoor paketkantoor pakketkantoor pakkettekantoor
ʼn Samestelling (“pakkettekantoor”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“pakkette” en “kantoor”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die hoofstad van China staan bekend as ........ .
Beijing Beidjing Peking Peeking
Die AWS erken slegs die spelling "Beijing" wat berus op die transliterasie van Standaardmandaryns. Die spelling "Peking" spruit uit die transliterasie van dialekte van Mandaryns waarmee Europeërs eerste kennisgemaak het. https://af.wikipedia.org/wiki/Beijing
Sien ook die bladsy Plekname.
Idioom: 'n Ou ........ met kaf probeer vang.
voël uil kat hond
Die idioom "'n ou voël met kaf probeer vang" beteken 'om 'n bedrewe persoon te probeer kul'.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)