25 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 25-05-2026 só ingevul:
Die ganse snater asof iets hulle hinder. Wat is die woordsoort van "snater" in bostaande sin?
onoorganklike hoofwerkwoord gangbare hoofwerkwoord oorganklike hoofwerkwoord oorgangshoofwerkwoord
In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Piet skop die bal oor die muur. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik, byvoorbeeld: Die ganse snater asof iets hulle hinder. Daar is nie 'n antwoord op die vraag "Wat?" nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Toe ons ........ in Namakwaland gaan blomme kyk het, het ’n skilpad oor die pad geloop.
een-keer eenkeer een keer
In die betekenis "op ’n keer" vind betekenisverdigting met ’n telwoord plaas en "eenkeer" word vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Jaco is een van die ........ leerders in die skool.
meer knapste mees knapste knapste meer knap
Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “knap”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “knapper” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die knapste”. In die oortreffende trap word die woord "mees" nooit saam met "-ste" gebruik nie.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Meer as 15 werkers het gehelp om die slagoffers ........ veiligheid te bring.
by of na na of in binne in
'n Mens bring iemand "in" of "na" veiligheid, en doen iets "met" veiligheid. (Bron: Voorsetselwoordeboek)
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)