21 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 21-04-2026 só ingevul:
Die bankrowers het almal maskers gedra. Wat is die woordsoort van "maskers" in bostaande sin?
byvoeglike naamwoord voornaamwoord selfstandige naamwoord werkwoord
’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “masker - die masker – maskers”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Wees versigtig as jy ........ hanteer, want dit kan deur dinge brand.
seepsoda seupsoda seep soda seep-soda
ʼn Samestelling ("seepsoda") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("seep" en "soda") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die ........ is grotendeels deur Dawid geskryf.
Psalms psalms psalms of Psalms
Saakname wat as eiename optree, byvoorbeeld die name van godsdienstige geskrifte, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Soortname as eiename.
Meneer het ........ geruik en Nico op heter daad betrap toe hy by die hek uitglip.
gas lont rose vuur
Die idioom "lont ruik", beteken 'agterdogtig raak' of 'onraad vermoed'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)