2113 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 21-04-2026 (vlak 2)



vorige toets 21 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 21-04-2026 só ingevul:



Rusland het die prys van lewensmiddels ........ .
52 % (afgerond)bevries 
48 % (afgerond)gevries
gebevries

Woorde wat met “be-”, “ge-”, “her-”, “er-”, “ont-” en “ver-” begin, kry nie ʼn “ge-” in die verlede tyd of verboë vorm nie. Let wel: poste, bates en kos word "bevries"; water in 'n dam het in die verlede tyd "gevries".
Bron: HAT en Skryf Afrikaans A tot Z
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Die kabinet sê die ........ vir die bydrae word gegrond op die sterkte van die land se ekonomie
96 % (afgerond)kriteria 
1 % (afgerond)kreterea
kriteeria
3 % (afgerond)kreteria

Vokaalreduksie kom voor wanneer ʼn vokaal wat in ʼn swak, beklemtoonde posisie is (soos die eerste “i” in “kriteria”), verder verswak word tot ʼn [ə]-klank (en dan verkeerdelik geskryf word as “kreteria”).
Sien ook die bladsy Vokaalreduksie.



'n Spinnekop van die orde Solifugae staan algemeen bekend as 'n ........ .
12 % (afgerond)Róman
46 % (afgerond)roman 
26 % (afgerond)Roman
17 % (afgerond)róman

Dié harige spinnekop het 'n klomp name in Afrikaans: rooiroman, roman, romanspinnekop, spekvreter, vetvreter, jagspinnekop, jaagspinnekop, haarskeerder, haarskeerderspinnekop of haarsnyer.
Algemene name van insekte begin met kleinletters.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



Die woord "wees" in die volgende sinne is 'n ........ .
Ná die ongeluk is die kinders wees gelaat.
Jy kan bly wees!
21 % (afgerond)homofoon
76 % (afgerond)homoniem 
1 % (afgerond)antifoon
1 % (afgerond)sinoniem

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “wees” (‘sonder ouers’) en “wees” (‘om te bestaan’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
68% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties