22 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 22-04-2026 só ingevul:
Ek het die vakansie saam met my pa ........ mossels uithaal.
ge-gaan gegaan gaan
Skakelwerkwoorde (soos "gaan", "begin", "bly", "help", "hoor", "kom", "leer", "ophou", "probeer", "sien" en "voel") staan gewoonlik voor ʼn ander werkwoord. In die verlede tyd kry die skakelwerkwoord nie "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Sal jy asseblief die ........ verwyder?
villus fulles vullis fillus
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Soogdiere is hoofsaaklik ........ .
warm-bloedig warm bloedig warmbloedig
Samestellende afleidings bestaan uit 'n agtervoegsel ("-ig") wat 'n woordgroep ("warm bloed") saambind tot 'n woord wat vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.
Die woord "spel" in die volgende twee sinne is ’n ........ . Die deelnemers aan "Op die Spel" kan almal goed spel. Die Springbokke het teleurgestel met hulle spel.
antoniem homofoon sinoniem homoniem
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "spel" (‘korrek skryf’) en "spel" (‘die manier van speel’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)