22 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 22-04-2026 só ingevul:
Wag net, ek sal jou ........ kom help.
gougou gou-gou gou gou
Reduplikasies word met koppeltekens vas geskryf.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Die onderwyser ........ gereeld ons werk.
evalueer ewalueer evaluëer ewaluëer
Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken. Dit geld egter nie wanneer ’n “a” of ’n “o” voorafgegaan word deur ’n “a”, “o”, “e”, “u” of “i” nie, byvoorbeeld “evalueer”, “geolie” en “aktuaris”. Dit geld ook nie vir samestellings nie, byvoorbeeld “studie-eenheid” en “toe-eien”.
Sien ook die bladsy Deelteken.
Die ........ van die Afrikaanse kanaal op televisie is opgewonde oor die nuwe reeks wat handel oor skaars plantsoorte.
luisteraars bywoners toeskouers kykers
Mense wat na 'n beeldsending (TV/film) kyk, noem ons kykers. 'n Groep mense wat saam na 'n sportwedstryd of toneelstuk kyk, is toeskouers. Luisteraars is mense wat na 'n radio-uitsending luister; bywoners is mense wat 'n geleentheid bywoon.
Sien ook die bladsy Versamelname.
ʼn Balju is ........ .
ʼn amptenaar wat die doodsvonnis uitvoer ʼn polisiebeampte wat beslag lê op goedere ʼn prokureur wat hom/haar besig hou met invorderings ʼn bode van die hof
Die woord "balju" (Britse Engels 'bailiff'; Amerikaanse Engels 'marshall') kom via Nederlands en Oudfrans uit Latyn waar "baiulus" 'lasdraer, bode' beteken het. (Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans)
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)