24 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 24-04-2026 só ingevul:
Ons kerk hou Saterdag ........ .
besaar basaar bazaar bezaar
In sommige woorde word die [z]-klank met ’n "s" geskryf, soos in die woord "basaar".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Die speurder het die saak gou ........ .
ontrafel geontrafel geöntrafel ontgerafel
Woorde wat met “be-”, “ge-”, “her-”, “er-”, “ont-” en “ver-” begin, kry nie ʼn “ge-” in die verlede tyd of verboë vorm nie.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Die nuwe meisie in ons klas dink sy is ........ .
melk kaas room botter
Die idioom "iemand dink hy/sy is kaas (en dan is hy/sy nog nie eers dikmelk nie)", beteken 'iemand het sonder rede 'n baie hoë dunk van hom-/haarself'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die polisie vuur ʼn sarsie skote oor die koppe van die oproerige skare. Wat is die woordsoort van "sarsie" in bostaande sin?
’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “sarsie - 'n sarsie – sarsies”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)