2084 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 27-04-2026 (vlak 1)



vorige toets 27 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 27-04-2026 só ingevul:



Sodra jy weet wat die antwoord is, ........ die rooi knoppie.
drek
drik
100 % (afgerond)druk 

As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “drik” in plaas van die korrekte “druk”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



As jy van die dak van die Voortrekkermonument na onder kyk, sien jy ’n ........ hoogte.
3 % (afgerond)ysingwekkend
16 % (afgerond)eisingwekkende
eisingwekkend
82 % (afgerond)ysingwekkende 

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("ysingwekkend"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Die nuwe skoolhoof woon in ........ .
14 % (afgerond)Cronjé straat
cronjéstraat
86 % (afgerond)Cronjéstraat 

Geografiese name, byvoorbeeld die name van strate, begin met 'n hoofletter. Straatname met 'n eienaamgedeelte ("Cronjé") word vas ("Cronjéstraat"), los ("Cronjé Straat") of met 'n koppelteken vas ("Cronjé-Straat" of "Cronjé-straat") geskryf (AWS 14.6, opm. c).
Sien ook die bladsy Plekname.



Protestantse kerke sing hoofsaaklik psalms en ........ .
99 % (afgerond)gesange 
1 % (afgerond)gesinge
gesonge

’n Sinoniem vir ’n kerklied is ’n "gesang"; die verlede tyd van "sing" is "gesing"; die meervoud van gesang is "gesange".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
92% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties