2084 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 27-04-2026 (vlak 2)



vorige toets 27 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 27-04-2026 só ingevul:



Die weer het oornag skielik verander.
Wat is die woordsoort van "oornag" in bostaande sin?

59 % (afgerond)bywoord 
9 % (afgerond)voornaamwoord
25 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
7 % (afgerond)voegwoord

'n Bywoord modifiseer die werkwoord of 'n byvoeglike naamwoord. 'n Mens kan bepaal of 'n woord 'n bywoord is deur te kyk of die woord die vraag "Hoe?" van die werkwoord of adjektief beantwoord, byvoorbeeld: Hoe het die weer skielik verander? Die antwoord: oornag.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Candice het vanjaar uitgeblink in die tradisionele Ierse ........ en met die trofee weggestap.
4 % (afgerond)swaard-dans
1 % (afgerond)swaard dans
95 % (afgerond)swaarddans 

ʼn Samestelling (“swaarddans”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“swaard” en “dans”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die vliegtuigongeluk was ’n ........ gebeurtenis.
droewig
1 % (afgerond)droewende
99 % (afgerond)droewige 
droewend

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("droewig"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Die hond ........ as hy ʼn vreemdeling sien.

bulk
99 % (afgerond)grom  
1 % (afgerond)blaas
gaggel

Dieregeluide is werkwoorde wat gebruik word om geluide wat diere maak te beskryf. Kyk ook: http://af.wikipedia.org/wiki/Dieregeluide.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.



TOTAALRESULTAAT:
88% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties