28 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 28-04-2026 só ingevul:
Jason het 'n eier in die veld opgetel; dit lyk soos 'n ........ .
tinktinkie eiertjie tinktinkie-eiertjie tinktinkieëiertjie
As ʼn opeenhoping van dieselfde of verskillende vokaalletters tussen dele van samestellings meebring dat die woord verkeerd gelees kan word, word ʼn koppelteken tussen die dele geplaas (AWS 12.1).
Sien ook die bladsy Vokaalopeenhoping.
My sussie en haar vriendinne is ........ as dit gaan oor klassieke musiek.
fanatici fanatisie fanatikusse of fanatici fanatikusse
Beide "fanatici" en "fanatikusse" word as meervoudsvorme van "fanatikus" erken.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die ........ het onlangs 'n eredoktorsgraad aan die professor Cronjé toegeken.
Stellenbosse Universiteit Universiteit Stellenbosch Universiteit van Stellenbosch Stellenbosch Universiteit
Die amptelike naam van dié universiteit in Afrikaans is "Universiteit Stellenbosch" en word met hoofletters geskryf. http://www.sun.ac.za/afrikaans/
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
In sommige dele van die wêreld is ........ 'n algemene verskynsel.
polliegamie polligamie poligamie
Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld “poligamie”, “hidroulies” en “kwadrupleeg”. Die woord "poligamie" kom uit die Grieks "polus + gamos" wat 'huwelik' beteken.
Sien ook die bladsy Tussenklas.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)