30 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 30-04-2026 só ingevul:
........ is aansienlik duurder as staatskole.
Privaat skole of Private skole slegs Privaatskole slegs Private skole slegs Privateskole
Die woord "privaat" of "private" is 'n adjektief of byvoeglike naamwoord. Adjektiewe beskryf die eienskap van die naamwoord. ’n Adjektief moet voor ’n selfstandige naamwoord kan staan, byvoorbeeld: Dit is ’n “privaat” skool. Adjektiewe het ook trappe van vergelyking, byvoorbeeld: “privaat”, “meer privaat”, “die privaatste”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Die staalpenne het ........ op die houtvloer gemaak.
krase krasse kraste
Die meervoud van "kras" is "krasse". Ons skryf die konsonant dubbeld om seker te maak dat die vokaal kort bly. "Krasse" in hierdie sin beteken 'krapmerke'.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Autshumato was ook bekend as ........ .
Herrie die Strandloper Herrie die strandloper Herrie Die Strandloper herrie die strandloper
Aan sommige name word 'n bepaling toegevoeg wat deel van die naam van die betrokke persoon word; dit word 'n toenaam genoem. In so 'n geval begin die hoofdele van die toenaam (byvoorbeeld telwoorde of byvoeglike naamwoorde, maar nie lidwoorde nie) met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Jy sal by die tafel sit totdat jy al jou kos opgeëet het! Wat is die woordsoort van "totdat" in bostaande sin?
neweskikkende voegwoord beskikkende voegwoord geskikte voegwoord onderskikkende voegwoord
Neweskikkende voegwoorde behou hul woordvolgorde asof die sinsnede onafhanklik is, byvoorbeeld "en", "maar", "want," "of", "asmede", en "dog". By onderskikkende voegwoorde (alle ander voegwoorde) verander die woordorde.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)