2053 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 01-05-2026 (vlak 3)



vorige toets 01 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 01-05-2026 só ingevul:



Die pianis speel J.S. Bach se Prelude en Fuga in ........ .
11 % (afgerond)C#-mineur
1 % (afgerond)C# mineur
5 % (afgerond)C-kruismineur
82 % (afgerond)C#-mineur of C-kruismineur 

Samestellings met 'n simbool ("C#-mineur") word met 'n koppelteken geskryf.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Die huis se dak lek.
Onder watter subkategorie van die woordsoort val "se" in bostaande sin?
69 % (afgerond)besitspartikel 
ontkenningspartikel
1 % (afgerond)vergelykingspartikel
29 % (afgerond)skakelpartikel

Partikels of deeltjies is kort woorde, wat gewoonlik op hul eie geen betekenis het nie. Daar is verskeie soorte partikels, byvoorbeeld die besitspartikel "se" en die ontkenningspartikel "nie".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



As jy iemand ondersteun of verdedig, sê ons in die idioom jy tree vir iemand in die bres. ʼn "Bres" is 'n ........ .

4 % (afgerond)galgtou
6 % (afgerond)stiebeuel vir ʼn ridder
87 % (afgerond)opening in ʼn vestingmuur 
3 % (afgerond)hofsaal

In die Middeleeue het die vyand dikwels ʼn gat in ʼn stadsmuur geskiet waardeur hulle dan die stad kon binneval. Daardie gat word ʼn "bres" genoem. As jy dus in die bres tree (gaan staan), verdedig jy jou stad. (Bron: Maroela Media)

Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die ........ strek vanaf die Kantabriese See in die weste tot by die Kaap Creus aan die Middellandse See.
10 % (afgerond)Pirenese
2 % (afgerond)Pirinese
4 % (afgerond)Pirinee
84 % (afgerond)Pireneë 

Sommige plekname word verafrikaans. Die Afrikaans vir die Engelse "Pyrenees" is "Pireneë". 'n Uitgebreide lys van internasionale plekname in Afrikaans verskyn agter in die AWS.
Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Pireneë
Sien ook die bladsy Plekname.



TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties