04 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 04-05-2026 só ingevul:
In krygskunde kan ons sê dat kavallerie-oorlogvoering tydens die Anglo-Boereoorlog vervang is met ........ .
gorrillaoorlogvoering guerrillaoorlogvoering guerillaoorlogvoering guerrilaoorlogvoering
Die woord "guerrilla" beteken in Spaans 'klein oorlog'; dit is die verkleinwoord van "guerra" wat 'oorlog' beteken.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.
Bernard was sommer ........ van jaloesie!
grasgroen lowergroen brommergroen bottelgroen
As iemand uitermate jaloers is, sê ons hy/sy is "brommergroen van jaloesie" en nie byvoorbeeld "grasgroen van jaloesie" nie. Sien ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.
Die unieke flora van die streek is van besondere belang vir die wetenskap omdat 'n ........ van fynbosspesies op 'n relatief klein gebied voorkom.
reuseverskeidenheid reuse verskeidenheid reusenverskeidenheid reusverskeidenheid
Die woorddeel "reuse-" is nie 'n byvoeglike naamwoord nie, maar eerder 'n woorddeel van 'n selfstandige naamwoord. Om dit te bewys kan ons sien dat "reuse-" nie in die toets van 'n byvoeglike naamwoord val nie in die sin dat dit nie na 'n koppelwerkwoord kan staan nie. Byvoorbeeld, 'n mens kan nie sê die fout is "reuse" nie. Dit het ook nie trappe van vergelyking nie.
"SI" staan vir die ........ .
Internasionale Stelsel van Eenhede Internasionale Stelsel van Datums Internasionale Stelsel van Geldeenhede Internasionale Stelsel van Getalle
SI is 'n akroniem vir die Internasionale Stelsel van Eenhede (uit Frans: Le Système International d'Unites). Dit is die moderne vorm van die metrieke stelsel en is die wêreld se mees gebruikte stelsel van meting in die alledaagse handel en wetenskap.
Sien ook die bladsy Akronieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)