2053 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 06-05-2026 (vlak 3)



vorige toets 06 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 06-05-2026 só ingevul:



Die ........ is in 1934 op die been gebring in die omgewing waar die Hartsrivier in die Vaalrivier vloei.
24 % (afgerond)Vaalharts-besproeiïngskema
15 % (afgerond)Vaalharts-besproeïngskema
8 % (afgerond)Vaalharts-besproeingskema
53 % (afgerond)Vaalharts-besproeiingskema 

Woorde wat twee "i's" langs mekaar het, word nie as diftonge uitgespreek nie en kry dus nie deeltekens nie.
(Bron: http://af.wikipedia.org/wiki/Vaalharts-besproeiingskema)
Sien ook die bladsy Deelteken.



Die motor maak 'n groot lawaai as ek om 'n draai gaan. Dit beteken waarskynlik dat die ........ vervang moet word.
5 % (afgerond)konstante-snelheids-las-as
79 % (afgerond)konstantesnelheidslasas 
konstante snelheids las as
16 % (afgerond)konstante snelheidslas-as

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "konstante" + selfstandige naamwoord "snelheid") en ʼn selfstandige naamwoord "lasas".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Sy studeer ........ .
44 % (afgerond)Algemene Taalwetenskap
46 % (afgerond)Algemene Taalwetenskap of algemene taalwetenskap 
2 % (afgerond)Algemene-Taalwetenskap
7 % (afgerond)algemene taalwetenskap

Die name van vakke en dissiplines word met 'n hoof- of 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.



Vele staatsamptenare word ........ vervroegde pensioen gestel.

5 % (afgerond)in
42 % (afgerond)met
52 % (afgerond)op  
1 % (afgerond)aan

Iemand word OP pensioen gestel, en hy/sy is dan OP/MET pensioen. (Bron: WAT)

Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
57% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties