08 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 08-05-2026 só ingevul:
Die woord "geslag" in die volgende sinne is 'n ........ . Die Bohlmanns het gister 'n bees geslag. Die monoteïstiese gelowe spruit almal uit die geslag van Abraham.
antifoon homofoon sinoniem homoniem
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “geslag” (‘verlede tyd van slag’) en “geslag” (‘afstammeling’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Jy moet versigtig ry; daar is baie ........ in die pad.
hobbelens hobbels hobbele
Naamwoorde wat op “l”, “m”, “n”, “ng” of “r” eindig waarvan die vorige vokaal kort is, kry ’n “-s” in die meervoud (AWS 13.3).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Na sy afdanking het hy ten ........ gegaan.
gronde grond grônde grondes
Die vaste uitdrukking "ten gronde gaan" beteken 'vernietig word' of 'ondergaan'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Peet speel die kitaar en Nicky speel die tromme. Wat is die woordsoort van "tromme" in bostaande sin?
selfstandige naamwoord bywoord werkwoord byvoeglike naamwoord
’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “trom - die trom - tromme”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)