2053 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 11-05-2026 (vlak 3)



vorige toets 11 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 11-05-2026 só ingevul:



Hy is talentvol; ........ , hy is besonder talentvol.
9 % (afgerond)inteendeel
91 % (afgerond)trouens 

Ons kan "trouens" ook vervang met "in der waarheid", "in werklikheid" of "sterker nog".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Idioom: Ai, hy kon met hierdie geskenk net sowel ........ na Noorweë gestuur het!
8 % (afgerond)pilare
11 % (afgerond)gordels
16 % (afgerond)skoene
65 % (afgerond)balke  

Die idioom "om balke na Noorweë te stuur" beteken 'om vir iemand iets te stuur waarvan hy baie het'.
In Engels is dit "send coals to Newcastle".
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Jy sal sien, sy sal nog vanself ........ .
84 % (afgerond)regkom 
16 % (afgerond)reg kom

Samestellings wat uit 'n bywoord en 'n werkwoord bestaan, word vas aan mekaar geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die bure se alarm het afgegaan toe die boewe inbreek.
Wat is die woordsoort van "se" in bostaande sin?
4 % (afgerond)besittingswoord
9 % (afgerond)skakelwerkwoord
29 % (afgerond)besitlike voornaamwoord
57 % (afgerond)besitspartikel 

Partikels of deeltjies is kort woorde wat gewoonlik op hul eie geen betekenis het nie.

Partikels word in verskeie subkategorieë verdeel waaronder:
ontkenningspartikel – tweede “nie”
besitspartikel – “se”
vergelykingspartikel – “so” en “soos”
skakelpartikel – van sit “en” staan kom niks gedaan.

Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
74% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties