2053 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 15-05-2026 (vlak 1)



vorige toets 15 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 15-05-2026 só ingevul:



Wat noem ons iemand wat van Groot-Brittanje kom?
4 % (afgerond)Brittanjer
91 % (afgerond)Brit 
3 % (afgerond)Groot-Brit
2 % (afgerond)Brittaniër

'n Omvattende lys van name van mense wat afkomstig is van lande of stede is beskikbaar by www.woordelys.co.za.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.



Meneer Williams is ’n ........ ingenieur.
9 % (afgerond)siviel
1 % (afgerond)sifiel
88 % (afgerond)siviele 
1 % (afgerond)sifiele

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("siviel"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



........ , dit ruik sleg.
6 % (afgerond)Suus
5 % (afgerond)Sis
89 % (afgerond)Sies 

Tussenwerpsels is kort woorde, gewoonlik gevolg deur ʼn uitroepteken, wat ʼn bepaalde emosie aandui.
Sien ook die bladsy Tussenwerpsels.



Die brand het deur die nag gewoed.
Wat is die woordsoort van "gewoed" in bostaande sin?
2 % (afgerond)bywoord
voegwoord
2 % (afgerond)adjektief
96 % (afgerond)werkwoord 

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word, byvoorbeeld "woed - gewoed".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
91% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties