18 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 18-05-2026 só ingevul:
Dirk en Isebel het vier dogters. Onder watter subkategorie van selfstandige naamwoorde val die woord "dogters" in bostaande sin?
eienaam massanaam versamelnaam soortnaam
Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "dogter", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
My rekenaar het 'n nuwe ........ nodig.
harde skyf hardeskyf hardskyf hard skyf
Byvoeglike naamwoorde (soos “hard” of “warm”) word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos “skyf” of “bord”) geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.
Die student het die ........ by kruisings uitgedeel.
pamfletjie pamfletje pamfletkie pamflettjie
Alle woorde wat eindig op ʼn “d” of ʼn “t” kry “-jie” in die verkleiningsvorm (AWS 17.4).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Al my maats is met naweekpas, nou is ek so alleen soos my ........ .
vinger been toon arm
Om "so alleen soos jou vinger te wees", beteken 'om heeltemal alleen te wees'. Ons kan ook sê iemand is "vingeralleen".
Sien ook die bladsy Vergelykings.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)