25 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 25-05-2026 só ingevul:
Die oplossing wat julle voorstel, is erg kwestieus. 'n Sinoniem vir die woord "kwestieus" is ........ .
opwindend twyfelagtig kommerwekkend beklemmend
Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. Die woord "kwestieus" word nie so dikwels gebruik nie en is nogal deftig. Bron: HAT6.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Idioom: Wie die ........ bedien, moet van die ........ lewe.
altaar; altaar regering; regering afgod; afgod publiek; publiek
Hierdie idioom beteken 'elkeen behoort uit sy beroep 'n bestaan te kan maak'. Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Dr. Botha is 'n bekende ........ .
oor- neus- en keelspesialis oor/neus/keelspesialis oor-neus-en-keelspesialis oor-, neus- en keelspesialis
In komplekse samestellings word die dele met koppeltekens geskei. Daar sou ook 'n koppelteken geskryf kan word tussen "keel" en "spesialis", maar dit is nie verpligtend nie.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
My troudag was 'n belangrike datum in my lewe. Wat is die subkategorie van die betrokke woordsoort van "datum" in bostaande sin?
tydnaam versamelnaam eienaam soortnaam
Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "datum", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)