28 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 28-05-2026 só ingevul:
Ons het ʼn lekker bui reën gehad. Dit lyk my meneer Clarkson is vanmôre in 'n slegte bui. Die woord "bui" in bostaande sinne is 'n ........ .
poliseem homofoon homoniem antifoon
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “bui” (‘reën’) en “bui” (‘gemoedstoestand’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Pieter sluit die afskortings van sy rugsak met stewige ........ .
ritsens ritsse ritse ritste
Naamwoorde wat op “b”, “d”, “f”, “g”, “k”, “p”, “s” en “t” eindig, kry ʼn “-e” in die meervoudsvorm (AWS 13.1).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
'n Peettante is ........
jou pa se suster. die vrou van oom Peet. die vrou wat die ouers van die kind by die doop beloof om hulle te help om na die kind te kyk. die tannie wat kyk dat kinders nie peuter nie.
ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “peettante”, “kommunis”, “protestant”, “tikster”. Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter. Die woord "peettante" of "peetma" is die vrou wat die ouers beloof om te help om na die kinders om te sien. Dit kom van die Latynse woord "patrinus" wat 'van die vader' beteken.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Die arme mense het sopnat gereën. Wat is die woordsoort van die woord "arme" in bostaande sin?
beslissende adjektief interaktiewe adjektief predikatiewe adjektief attributiewe adjektief
'n Attributiewe adjektief staan gewoonlik voor die selfstandige naamwoord wat dit beskryf, byvoorbeeld "die arme mense". 'n Predikatiewe adjektief staan gewoonlik na 'n koppelwerkwoord, byvoorbeeld "die mense is arm".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)