15 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 15-06-2026 só ingevul:
Ons is ........ familie van mekaar.
slegs vêr langs ver langs of vêr langs verlangs of vêrlangs slegs verlangs
ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, “verlangs – vêrlangs”; “Mexiko – Meksiko”; “restaurant – restourant”. Volgens die nuwe AWS word woorde "verlangs" of "vêrlangs" vas geskryf in die betekenis van 'verlangs familie'. In die betekenis 'ver langs in die see stap' word "ver langs" wel los geskryf. Dit kan ook met of sonder 'n kappie op die e geskryf word.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Olifante ........ wanneer hulle ander olifante wil waarsku.
skree snuif trompetter kras
Olifante trompetter, korhane skree, ratels snuif en kraaie kras.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.
Die vakansieoord het vyf nuwe ........ vir die chalets gekoop.
regop enkeldeurkoelkaste regopenkeldeurkoelkaste regop enkeldeur koelkaste regop-enkeldeurkoelkaste
Die begrip "regop enkeldeurkoelkaste" is nie 'n samestellende samestelling nie, aangesien die byvoeglike naamwoord "regop" na die stam van die woord "kas" verwys. Die begrip word dus los geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Die herstel in die land se ekonomie is bewys dat dit veerkrag het en krisisse kan oorkom. Onder watter subkategorie van die woordsoort val "veerkrag" in bostaande sin?
massanaam abstrakte naamwoord soortnaam eienaam
Abstrakte naamwoorde is selfstandige naamwoorde wat abstrakte oftewel ontasbare dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "veerkrag", "liefde", "nyd" en "geloof".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)