1945 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 18-06-2026 (vlak 3)



vorige toets 18 JUN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 18-06-2026 só ingevul:



Lewensbelangrike dokumente word ter wille van veiligheid in verskillende ........ gestoor.
99 % (afgerond)argiewe 
argiefs
1 % (afgerond)argiewwe
afgiefwe

Die meervoud van "argief" is "argiewe".
Woorde met lang vokale of diftonge voor die slotkonsonant kry 'n "e" in die meervoudsvorm, en 'n "f" word 'n "w".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Die prokureur ........ sy standpunt op die uitsprake in vorige hofsake.
baseur
basseur
93 % (afgerond)baseer 
7 % (afgerond)basseer

Indien die basis eindig op 'n enkele konsonantletter, voorafgegaan deur 'n lang, beklemtoonde vokaal, word daardie konsonantletter nie in afleidings van die basisvorm verdubbel nie.
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.



Die ........ het belangrike poste en gewoonlik ook baie geld.

hoo lui
86 % (afgerond)hoëlui 
hoolui
13 % (afgerond)hoë lui

Byvoeglike naamwoorde (soos “hoog” of “warm”) word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos “lui” of “kos”) geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Die streek het reeds gebaat by openbaresektorinvestering ten bedrae van R12 miljard asook beleggings uit die ........ .
49 % (afgerond)privaatsektor
6 % (afgerond)privatesektor
45 % (afgerond)privaat sektor 

Die woord "privaat" of "private" is 'n adjektief of byvoeglike naamwoord. Adjektiewe beskryf die eienskap van die naamwoord. ’n Adjektief moet voor ’n selfstandige naamwoord kan staan, byvoorbeeld: Dit is ’n “privaat” sektor. Adjektiewe het ook trappe van vergelyking, byvoorbeeld: “privaat”, “meer privaat”, “die privaatste”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties