1945 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 19-06-2026 (vlak 1)



vorige toets 19 JUN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 19-06-2026 só ingevul:



As beeste ........ loop, moet jy na hul hoewe kyk.
15 % (afgerond)kreupel
2 % (afgerond)krippel
62 % (afgerond)kruppel of kreupel 
22 % (afgerond)kruppel

ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, "kreupel – kruppel"; "Mexiko – Meksiko"; "restaurant – restourant".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.



Daar hang twee ........ in die badkamer oor die reling.
97 % (afgerond)handdoeke 
handdoeks
handdoekens
3 % (afgerond)handdoeken

Naamwoorde wat op “b”, “d”, “f”, “g”, “k”, “p”, “s” en “t” eindig, kry ʼn “-e” in die meervoudsvorm (AWS 14.1).


Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Kliënte moet die ........ afbyt van handelsbanke se standaardisering.
94 % (afgerond)spit 
wors
4 % (afgerond)vingers
1 % (afgerond)appel

Die idioom "die spit afbyt" beteken ‘die moeilikste of gevaarlikste werk verrig’. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Kom ons gaan kyk bietjie na die ........ om 'n idee van die ontwikkeling te kry.

1 % (afgerond)skou-huis
97 % (afgerond)skouhuis 
2 % (afgerond)skou huis

Die woord "skouhuis" is ontleen uit die Engelse "show house", maar is 'n erkende Afrikaanse woord. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Anglisismes.



TOTAALRESULTAAT:
87% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties