1945 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 19-06-2026 (vlak 3)



vorige toets 19 JUN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 19-06-2026 só ingevul:



Die minister van polisie het 'n nuwe hoof vir die polisie se ........ aangestel.
georganiseerde misdaad eenheid
2 % (afgerond)georganiseerde misdaad-eenheid
79 % (afgerond)georganiseerdemisdaadeenheid  
19 % (afgerond)georganiseerde misdaadeenheid

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "georganiseerde" + selfstandige naamwoord "misdaad") en ʼn selfstandige naamwoord "eenheid".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Die Afrikaanse vertaling van "cubby-hole" is ........ .

kabbiehoul
cubby-hole
100 % (afgerond)paneelkissie  

Die Afrikaans vir die Engelse woord "cubby-hole" is "paneelkissie", "paneelkassie" of "mossienes".
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.



Hy het 'n geneentheid ........ die Nederlandse letterkunde.
10 % (afgerond)aan
2 % (afgerond)oor
op
88 % (afgerond)vir 

Volgens die Tweetalige Voorsetselwoordeboek sê ons "geneentheid vir iets", terwyl 'n mens ook dikwels "geneentheid tot iets" hoor; laasgenoemde is ook nie verkeerd nie. "Geneentheid vir" beteken 'liefde of positiewe gevoel vir'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Die skrywer van die omstrede boek Magersfontein, O Magersfontein is ........ .
11 % (afgerond)Etienne van Heerden
Stefan Bouwer
13 % (afgerond)Breyten Breytenbach
75 % (afgerond)Etienne Leroux 

Persoonseiename, d.w.s. die naam van ʼn persoon, word met ʼn hoofletter geskryf. Die skrywer Etienne Leroux, veral bekend vir "Magersfontein, O Magersfontein" was saam met André P Brink en Jan Rabie deel van Die Sestigers. Etienne van Heerden is hoof van Afrikaans en Neerlandistiek aan die Universiteit van Kaapstad en skrywer van onder andere die roman "Toorberg".
Sien ook die bladsy Persoonsname.



TOTAALRESULTAAT:
86% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties