22 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 22-06-2026 só ingevul:
As ek weer Italië toe gaan, sal ek definitief nie weer die moeite doen om die ........ toring van Pisa te besoek nie.
leunende hangende vallende skewe
In Afrikaans praat ons van die "skewe toring van Pisa"; die "leunende toring van Pisa" is anglisisties aangesien dit net so van die Engels "leaning tower of Pisa" kom.
Sien ook die bladsy Anglisismes.
Die bekende gereg van maalvleis, groente en kapokaartappels noem ons 'n ........ .
herder-pastei herderspastei herderpastei herders pastei
Sommige samestellings word met 'n verbindings-s geskryf, ander daarsonder en by sommige is die verbindings-s opsioneel. Interessant om te weet: "pastei" (met al sy samestellings; 'wilds-'; 'hoender-'; 'spinasie-' ensovoorts) is die enigste woord in Afrikaans wat op "-stei" eindig.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Erik is nog ........ oor sy musiek as Joseph.
meer fanatieser mees fanaties meer fanaties fanatieser
Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “fanaties”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “fanatieser” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die fanatiesste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Idioom: Iemand het ........ getap. Hierdie idioom beteken iemand is verbitterd.
bier pomelo wyn aalwyn
Die idioom "iemand het aalwyn getap" beteken iemand is verbitterd of in 'n slegte bui. Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)