22 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 22-06-2026 só ingevul:
'n Sinoniem vir "veiligheid" is ........ .
sekerheid of sekuriteit skuiling of bewaring bewaring of sekuriteit beskutting of sekerheid
Hoewel sommige bronne 'n onderskeid maak in die betekenis van "sekerheid" en "sekuriteit" beskou die WAT en HAT dit as sinonieme.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Idioom: Te vuur en te ........ vervolg.
swaard water swael sand
Die uitdrukking "te vuur en te swaard vervolg" beteken 'deur middel van vuur en wapens vervolg'. Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die korrekte manier om die woord "slinger" af te kap is ........ .
sling-er sli-nger slin-ger
By woorde wat op 'n "ng"-klank afgekap word, kom die koppelteken tussen die "n" en die "g", byvoorbeeld "slin-ger".
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Die Afrikaanse vertaling van "hothouse" is ........ .
groen huis kweekhuis heethuis warmhuis
Die Afrikaans vir die Engelse woord "hothouse", 'n plek waar plante gekweek word om hulle teen die weer te beskerm, is "kweekhuis" of "glashuis".
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)