1945 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 24-06-2026 (vlak 3)



vorige toets 24 JUN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 24-06-2026 só ingevul:



Die sluitingsdatum vir aansoeke is 22 Junie: ........ laat aansoeke sal oorweeg word nie.
11 % (afgerond)Gèèn
8 % (afgerond)gèèn
31 % (afgerond)géén
50 % (afgerond)Géén 

'n Dubbelpunt word gebruik vóór 'n aanvulling of 'n verduideliking wat ná 'n voorafgaande sin verwag word, en 'n hoofletter volg na die dubbelpunt as die sinsdeel 'n volsin is.
Die akuutteken word gebruik vir nadruk.
Sien ook die bladsy Dubbelpunt.



Die ........ het het binne sekondes ná lansering die vuurpyl van sy koers laat afwyk.
48 % (afgerond)Proton-M-vuurpylaanjaer 
15 % (afgerond)Proton-M vuurpylaanjaer
1 % (afgerond)Proton M vuurpylaanjaer
37 % (afgerond)Proton M-vuurpylaanjaer

Die naam van die vuurpyl is "Proton-M". In 'n samestelling kom daar dus nog 'n koppelteken om die res van die woord aan die eerste deel te koppel, "Proton-M-vuurpylaanjaer".
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Die non beskou haar suster se gedrag as totaal ........ .
79 % (afgerond)slegs goddeloos 
18 % (afgerond)Goddeloos of goddeloos
3 % (afgerond)slegs Goddeloos

Samestellings en afleidings met "god-" as eerste element wat nie meer as eiename optree nie, begin gewoonlik met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



Iemand wat pasiënte onder verdowing plaas, noem ons 'n ........ .
89 % (afgerond)narkotiseur 
7 % (afgerond)narkotiseer
4 % (afgerond)anestesis
anestetisus

'n Narkotiseur dien narkose toe. Ander sinonieme sluit in "anestetikus" en "anestetis".

Sien ook die bladsy Persoonsvorme.



TOTAALRESULTAAT:
66% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties