1945 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 25-06-2026 (vlak 1)



vorige toets 25 JUN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 25-06-2026 só ingevul:



Sy werk as fotograaf was die volmaakte ........ waaronder hy bekendes kon nader.
99 % (afgerond)dekmantel 
dek-mantel
dek mantel

ʼn Samestelling ("dekmantel") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("dek" en "mantel") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die galjoen ........ kom aan die wes- en suidkus vanaf Namibië tot by Durban voor.
81 % (afgerond)(Suid-Afrika se nasionale vis) 
10 % (afgerond)"Suid-Afrika se nasionale vis"
4 % (afgerond)Suid-Afrika se nasionale vis
5 % (afgerond)'Suid-Afrika se nasionale vis'

Hakies word gebruik rondom mededelings wat bygelas word.
Bronne:
http://af.wikipedia.org/wiki/Lys_van_Nasionale_Simbole_van_Suid-Afrika
http://af.wikipedia.org/wiki/Galjoen

Sien ook die bladsy Hakies.



Hierdie vakansie is ek so platsak, ek sal maar met ........ moet ry.
5 % (afgerond)Piet Tuisbly se karretjie
4 % (afgerond)Klaas Tuisbly se karretjie
1 % (afgerond)Koos Tuisbly se karretjie
90 % (afgerond)Jan Tuisbly se karretjie 

"Jan" is een van die gewoonste mansname wat in baie uitdrukkings gebruik word.
Om met "Jan Tuisbly se karretjie te ry" beteken om tuis te bly.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



'n ........ is by die pasiënt gediagnoseer.
Angs Versteuring
1 % (afgerond)angs versteuring
92 % (afgerond)Angsversteuring 
6 % (afgerond)angsversteuring

Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord “ ʼn” begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.



TOTAALRESULTAAT:
90% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties