04 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 04-08-2026 só ingevul:
Ek het 'n ........ by die pandspel gekry.
polvyntjie polveintjie polfyntjie polfeintjie
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “f” en “v”. Die woord "polfyntjie" is ietwat onbekend en beteken 'pand' by pandspeletjies, 'soort koekie' of 'nooientjie'. Daarteenoor verwys die "polvy" na die hak van 'n skoen. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Johnny is 'n ........ persoon as dit by wetenskap kom.
ingeligte ingeligde ingeligte of ingeligde ingeligdte
By voltooide deelwoorde wat op "f", "g" en "s" uitgaan, word attributiewe vorme met "-te" of "-de" erken.
Sien ook die bladsy Deelwoorde.
........ is naas Madagaskar en Indonesië die derde grootste eilandnasie in die wêreld.
Papua Nieu Guinee Papoea-Nieu-Guinee of Papua-Nieu-Guinee Papoea-Nieu-Guinee Papua-Nieu Genee
Sommige plekname word verafrikaans. Die 2017-AWS erken slegs die spelling Papoea-Nieu-Guinee. 'n Uitgebreide lys van internasionale plekname is agter in die AWS.
Sien ook die bladsy Plekname.
Hy is 'n goeie rugbyspeler; ........ , hy het 'n kans om die Springbokspan te haal.
inteendeel trouens
"Inteendeel" en "trouens" word dikwels met mekaar verwar. "Trouens" word gebruik as jy jou standpunt wil versterk; "inteendeel" word gebruik as jy dit wil weerspreek.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)