1834 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 05-08-2026 (vlak 3)



vorige toets 05 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 05-08-2026 só ingevul:



"Hoekom mag ek nie ........ skree as ek gewen het nie?" vra Jannie gebelgd.
19 % (afgerond)"Hoera!"
1 % (afgerond)(Hoera!)
8 % (afgerond)Hoera!
72 % (afgerond)'Hoera!' 

Ons gebruik in Afrikaans enkelaanhalings binne 'n sin met dubbelaanhalings.
Sien ook die bladsy Aanhalingstekens.



Die baba is in 'n kombersie toegedraai met 'n ........ skakering.

12 % (afgerond)groen en blou
48 % (afgerond)groenblou 
40 % (afgerond)groen-en-blou
1 % (afgerond)groen blou

Kleuradjektiewe word los van selfstandige naamwoorde geskryf, behalwe in gevalle van samestellende samestellings of samestellende afleidings. As 'n item uit twee kleure bestaan, word die kleuradjektiewe met koppeltekens en 'n "en" geskryf, byvoorbeeld "swart-en-wit foto" of "blou-en-rooi rok". Skakerings word wel vas geskryf, soos "blougroen water" of "grysblou lug".
Bron: AWS en Skryf Afrikaans

Sien ook die bladsy Samestellings.



Iemand wat van Kirkoek afkomstig is, noem mens 'n ........ .
12 % (afgerond)Kirkoekiaan
36 % (afgerond)Kirkoek 
16 % (afgerond)Kirkoekaan
37 % (afgerond)Kirkoeker

Iemand wat van Kirkoek kom, is 'n "Kirkoek" met "Kirkoekse" gewoontes.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



As jy haar begin uitvra oor haar sakeonderneming, blyk dit gou dat die vrou van die koffiewinkel so vals soos ........ is.
2 % (afgerond)Adonis
4 % (afgerond)Thomas
10 % (afgerond)Brutus
84 % (afgerond)Judas 

Die vergelyking 'so vals soos Judas' verwys na iemand wat ewe bedrieglik is as wat Judas in die Bybel was.
Sien ook die bladsy Vergelykings.



TOTAALRESULTAAT:
60% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties