07 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 07-08-2026 só ingevul:
Hy help ........ om die gras te sny, maar dan sit hy heeldag onder ʼn boom.
kastig kastig of kamstig kamstig
ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld "kastig – kamstig", "Mexiko – Meksiko", "restaurant – restourant", "meestal – meesal".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
My ouma het verlede week vrugte ........ .
in gemaak geïnmaak ingemaak geinmaak
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.
Idioom: Marianne is gewoonlik Saterdagoggende vroeg uit die ........ .
huis nagklere vere kombuis
Die uitdrukking "vroeg uit die vere" beteken 'vroeg in die môre opstaan. (Bron: HAT).
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die park is omtrent 2 km hiervandaan. Wat is die woordsoort van "omtrent" in bostaande sin?
voornaamwoord adjektief bywoord voegwoord
'n Bywoord beskryf die werkwoord of 'n adjektief. 'n Mens kan bepaal of 'n woord 'n bywoord is deur te kyk of die woord die vraag "Hoe?" van die werkwoord of adjektief beantwoord, byvoorbeeld: Hoe (ver) is die park? Die antwoord: ongeveer.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)