07 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 07-08-2026 só ingevul:
Dit het baie gereën en ........ .
gehaäl gehaël gehaal gehael
Homofone is woorde wat dieselfde uitgespreek word, maar verskillend gespel word en verskillende betekenisse het. "Hael" is stukkies ys wat gewoonlik tydens donderweer uit die wolke val. "Haal" beteken om iets na 'n plek toe te bring.
Sien ook die bladsy Homofone.
Dié energiebron is omring deur 'n ........ wat met kosmiese straling gepeper word.
reuse- molekulêre wolk of reuse molekulêre wolk reuse-molekulêre-wolk of reuse molekulêre-wolk slegs reuse- molekulêre wolk slegs reuse- molukulêre -wolk
Afstandsamestellings moet met ʼn koppelteken geskryf word (AWS 15.27 e), hoewel dit in die verlede opsioneel was. 'n Verbindingsklank en afstandsamestellings met "reuse-" kan dus slegs met 'n koppelteken geskryf word, byvoorbeeld "reuse- molekulêre wolk". Let daarop dat die skakel "reuse-" nie 'n byvoeglike naamwoord is nie, hoewel dit op die oog af so mag lyk, daarom word dit vas geskryf, byvoorbeeld, "reusedier", "reusehuis" en "reusekrisis".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Om sommer dadelik in die swembad te spring om die kind te help, was baie dapper van Janine. 'n Sinoniem vir "dapper" is ........ .
kommerwekkend betroubaar braaf stoer
Vir "braaf" erken Skryf Afrikaans: A-Z, VAW en WAT slegs die betekenis van 'deugsaam', terwyl HAT, Groot Tesourus van Afrikaans en Groot Woordeboek "braaf" en "dapper" as sinonieme aandui. Dit is onnodig puristies om te sê dat "braaf" en "dapper" nie sinonieme is nie, aangesien ons "braaf" en die Engelse "brave" beide uit Frans kom.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)