1834 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 11-08-2026 (vlak 1)



vorige toets 11 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 11-08-2026 só ingevul:



Die ou bus rammel in die straat af.
Wat is die woordsoort van "rammel" in bostaande sin?
95 % (afgerond)werkwoord 
1 % (afgerond)bywoord
3 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
1 % (afgerond)selfstandige naamwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Byvoorbeeld, "rammel - gerammel".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Hier is vir jou ’n ........ by die nagereg.
43 % (afgerond)hanepoot of Hanepoot 
13 % (afgerond)slegs Hanepoot
1 % (afgerond)slegs hane poot
44 % (afgerond)slegs hanepoot

ʼn Samestelling ("hanepoot") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("haan" en "poot") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word. Die "e" is ’n verbindingsklank. Wynkultivars kan met hoof- of kleinletters geskryf word.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.



Die ........ se waarde daal by die dag.
45 % (afgerond)Rand
55 % (afgerond)rand 

Die name van geldeenhede begin met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Geldeenhede.



........ , julle moet tog môre skool toe gaan, terwyl ek by die huis mag bly!
85 % (afgerond) 
1 % (afgerond)We
14 % (afgerond)Whê

Tussenwerpsels is kort woorde ("wê"), gewoonlik gevolg deur ʼn uitroepteken, wat ʼn bepaalde emosie aandui.
Sien ook die bladsy Tussenwerpsels.



TOTAALRESULTAAT:
70% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties