1834 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 11-08-2026 (vlak 3)



vorige toets 11 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 11-08-2026 só ingevul:



Die skilder het besluit om slegs die vrou se ........ in sy skildery te gebruik.
1 % (afgerond)silhoeet
7 % (afgerond)silhoeëet
11 % (afgerond)silhoët
81 % (afgerond)silhoeët 

Die deelteken word in sommige Afrikaanse simplekse en afleidings gebruik waarin daar twee of meer aangrensende vokaalletters voorkom wat tot verskillende lettergrepe behoort en wat uitgespreek sou kon word asof hulle tot dieselfde lettergreep behoort. Die deelteken dui hier die begin van 'n nuwe lettergreep aan.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Wat is die meervoud van "kolonel-generaal"?
4 % (afgerond)kolonels-generale
11 % (afgerond)kolonelle-generaal
7 % (afgerond)kolonels-generaals
79 % (afgerond)kolonels-generaal 

'n "Kolonel-generaal" is 'n spesifieke soort kolonel en daarom word die meervoud op "kolonel" gevorm.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



........ is die hoofstad van die Franse streek ('région') Elsas.
39 % (afgerond)Strassburg
11 % (afgerond)Strasbourg
50 % (afgerond)Straatsburg 

Sommige buitelandse plekname word verafrikaans, soos byvoorbeeld "Straatsburg", die hoofstad van die Franse streek Elsas. Die Franse naam van hierdie stad wat histories ook vir lang periodes aan Duitsland behoort het, heet "Strasbourg". Die Duitse weergawe daarvan is "Strassburg" of "Straßburg". (Bron: http://af.wikipedia.org/wiki/Straatsburg)

Sien ook die bladsy Plekname.



Wat noem ʼn mens iemand wat in diens geneem word om jou motor te bestuur?
1 % (afgerond)choufeur
2 % (afgerond)chauffeer
13 % (afgerond)chaufeur
85 % (afgerond)chauffeur 

Die woord "chauffeur" kom uit Frans en verwys na 'n gehuurde motorbestuurder. Die werkwoord is "chauffeer".
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



TOTAALRESULTAAT:
73% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties