0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 13-08-2026 (vlak 1)



vorige toets 13 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 13-08-2026 só ingevul:



Dumisani eet graag ........ vir ontbyt.
graan-vlokkies
1 % (afgerond)graan vlokkies
98 % (afgerond)graanvlokkies 

Wanneer twee naamwoorde saam een ding beteken is dit 'n vorm van ʼn samestelling (“graanvlokkies”) bestaande uit die woorddele (“graan” en “vlokkies”). Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Of jy wil saamgaan is nie 'n moet nie; dit gaan daaroor of jy ........ saamgaan.
33 % (afgerond)wìl
67 % (afgerond)wíl 

Om woorde te beklemtoon, gebruik ons die akuutteken. As die klinker 'n "i" is, vervang die akuutteken die kolletjie.


Sien ook die bladsy Gravis-/akuutteken.



Die kraaie se ........ dryf my tot raserny!
90 % (afgerond)gekrys 
2 % (afgerond)gegaggel
2 % (afgerond)gekwaak
5 % (afgerond)gekwetter

Die geluid wat kraaie maak is krys.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.



’n ........ het gewoonlik ’n onderwerp, voorwerp en ’n werkwoord.
98 % (afgerond)Sin 
2 % (afgerond)sin
sun
Sun

Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord ("Werkwoord").
Sien ook die bladsy Sinsbegin.



TOTAALRESULTAAT:
88% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties