0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 13-08-2026 (vlak 3)



vorige toets 13 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 13-08-2026 só ingevul:



Ek dra net ........ herinneringe van jou in my hart.
8 % (afgerond)soet
92 % (afgerond)soete 

Byvoeglike naamwoorde wat net uit een lettergreep bestaan, kry gewoonlik nie die "-e" in die attributiewe posisie nie. Wanneer dit wél verbuig word, het dit dikwels 'n figuurlike betekenis. Byvoorbeeld:
"Maudie is 'n soet dogtertjie" teenoor "Ek dra net soete herinneringe van jou in my hart."
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Toe die bewaarder die volgende oggend uitvind van die ontsnapping, het ........ losgebars.
95 % (afgerond)pandemonium 
1 % (afgerond)pandimonium
pandinomium
3 % (afgerond)pandenomium

Vokaalreduksie kom voor wanneer 'n vokaal wat in 'n swak, beklemtoonde posisie is, verder verswak word tot 'n [ə]-klank. Dit lei dikwels tot spelfoute.
Sien ook die bladsy Vokaalreduksie.



Ons het altyd 'n ........ vol petrol in die kar vir noodgevalle.
8 % (afgerond)twintigliter houer
84 % (afgerond)twintigliterhouer 
4 % (afgerond)twintig liter houer
4 % (afgerond)twintig literhouer

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit 'n woordgroep (telwoord + selfstandige naamwoord) en 'n selfstandige naamwoord.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Die ........ is in 'n grot in die Wesoewer tussen 1946 en 1956 ontdek.
14 % (afgerond)Qumran-rolle
37 % (afgerond)Koemranrolle
37 % (afgerond)Qumranrolle
12 % (afgerond)Qoemranrolle 

Sommige internasionale plekname word gedeeltelik verafrikaans. Woorde van vreemde herkoms met ʼn gedeeltelik verafrikaanste spelling val in die tussenklas.
Sien ook die bladsy Tussenklas.



TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties