0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 14-08-2026 (vlak 1)



vorige toets 14 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 14-08-2026 só ingevul:



Die woord "sus" in die volgende sinne is 'n ........ .
My sus het hierdie boek vir my present gegee.
Die ma sus die baba aan die slaap.
2 % (afgerond)mononiem
1 % (afgerond)sinoniem
8 % (afgerond)homofoon
89 % (afgerond)homoniem 

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “sus” (‘verkorting van suster’) en “sus” (‘laat bedaar’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



In die ou dae het ons ........ op ons hande gekry as ons nie ons toonlere geoefen het nie.
2 % (afgerond)hous
2 % (afgerond)houens
4 % (afgerond)houë
92 % (afgerond)houe 

Woorde wat op ’n tweeklank eindig, kry "-e" in die meervoud (AWS 13.4)
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Idioom: As die ........ dik is, is die meel bitter.
84 % (afgerond)muis 
4 % (afgerond)koek
5 % (afgerond)kat
6 % (afgerond)poeding

Hierdie idioom kom uit die Duits: "Wenn die Maus satt ist, schmeckt das Mehl bitter." Dit beteken 'as iemand genoeg geëet het, is die kos nie meer lekker nie'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die leeu het die bok verskeur.
Wat is die woordsoort van "verskeur" in bostaande sin?
voegwoord
99 % (afgerond)werkwoord 
1 % (afgerond)selfstandige naamwoord
bywoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "verskeur", kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
91% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties