17 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 17-08-2026 só ingevul:
Die ........ is dikwels ʼn moeilike tyd in ʼn jong mens se lewe.
adollessensie adolesensie adolesennsie adolessensie
Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld “adolessensie”, “hidroulies” en “kwadrupleeg”.
Sien ook die bladsy Tussenklas.
Ons katjie is vir 'n haas so bang soos 'n bok vir 'n ........ .
sambok vangriem skoot hael knyptang
Hierdie vergelyking beteken 'om baie bang te wees'.
Sien ook die bladsy Vergelykings.
Mosambiek het voorheen bekend gestaan as ........ .
Portugees Oos-Afrika Portugees Oos Afrika Portugees-Oos-Afrika Portugeesoosafrika
In meerledige geografiese name wat bestaan uit 'n eienaamelement plus 'n voorbepaling wat die onverboë vorm van 'n byvoeglike naamwoord is wat normaalweg 'n attributiewe "-e" neem, word die voorbepaling met 'n koppelteken aan die hoofelement vas geskryf. Ander voorbeelde sluit in: "Ekwatoriaal-Guinee", "Spaans-Noord-Afrika" en "Brits-Columbië". (Bron: AWS 12.31)
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Hoe word "push notifications" in die rekenaarwese in Afrikaans vertaal?
Aanstuurkennisgewings Stampkennisgewings Stootkennisgewings Drukkennisgewings
'n Aanstuurkennisgewing word deur die vervaardiger van byvoorbeeld 'n mobiele toepassing na jou slimfoon aangestuur. Microsoft gebruik ook hierdie vertaling vir "push notification".
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)