18 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 18-08-2026 só ingevul:
Die houtkapper kap hout dat die spaanders so spat. Wat is die woordsoort van "spaanders" in bostaande sin?
byvoeglike naamwoord selfstandige naamwoord werkwoord voornaamwoord
’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “spaander - die spaander - spaanders”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Teen die steil bergpas af moet jy na ʼn laer rat ........ .
oorskakel oor-skakel oor skakel
ʼn Samestelling (“oorskakel”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“oor” en “skakel”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die ........ weet hoe lank die bier moet gis.
Brouer Brauwer brouer brauwer
ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “brouer”, “kommunis”, “protestant”, “tikster”. Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Idioom: Uit twee ........ praat.
monde oorde megafone mikrofone
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)