1834 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 18-08-2026 (vlak 2)



vorige toets 18 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 18-08-2026 só ingevul:



Daar het vanmiddag ʼn lekker buitjie ........ .
98 % (afgerond)uitgesak 
geuitsak
geüitsak
1 % (afgerond)uit gesak

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).

Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Daar was vanmôre sowat ........ mense in die kerk.
1 % (afgerond)honerd
99 % (afgerond)honderd 
1 % (afgerond)honnerd

Assimilasie vind plaas wanneer twee verskillende klanke (soos die “n” en die “d” in “honderd”) eenders uitgespreek en geskryf word.
Sien ook die bladsy Assimilasie.



Pieter is 'n regte ou ........ .
6 % (afgerond)Plaasjapie
1 % (afgerond)Plaas Japie
1 % (afgerond)plaas-Japie
92 % (afgerond)plaasjapie 

Iemand wat van die plaas af kom, word 'n "plaasjapie" genoem.
Sien ook die bladsy Eienaamverbleking.



Paddas en salamanders is ........ , wat in die water en op die land lewe.

40 % (afgerond)amfibië
2 % (afgerond)amfiebië
2 % (afgerond)amfiebieë
56 % (afgerond)amfibieë 

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel. Die woord "amfibie" kom van die Griekse "amfi" + "bios" wat 'lewe' beteken.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



TOTAALRESULTAAT:
86% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties