1834 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 20-08-2026 (vlak 1)



vorige toets 20 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 20-08-2026 só ingevul:



Ek sal ’n tjek vir betaling moet ........ .
2 % (afgerond)aan vra
88 % (afgerond)aanvra 
10 % (afgerond)aanvraag
aan vraag

ʼn Samestelling ("aanvra") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("aan" en "vra") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Jy gaan ........ 'n beter plek as Beter Afrikaans kry om jou Afrikaanse kennis te verryk nie.
92 % (afgerond)nêrens 
8 % (afgerond)nerens

Die kappie word gebruik om die klank van 'n vokaal te rek.
Sien ook die bladsy Kappie.



Ek het nou net 'n onderonsie met Zelda gehad; sy is 'n regte ........ .
86 % (afgerond)geitjie 
6 % (afgerond)sonbesie
6 % (afgerond)hennetjie
2 % (afgerond)koringkriek

'n Geitjie is 'n vrou met 'n skerp tong. In Engels is dit 'n "shrew" ('skeerbekmuis').

Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



........ mag nie sonder hul ouers se toestemming eiendom koop of in die huwelik tree nie.
91 % (afgerond)Minderjariges 
2 % (afgerond)minderjariges
7 % (afgerond)Minderjarigens
minderjarigens

Die eerste woord van ʼn sin ("Minderjariges") begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.



TOTAALRESULTAAT:
89% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties